Douw Steyn stel sy nuutste projek Afrikaans: Herlaai bekend. Kom luister na vier opkomende sangers en ‘n hele reeks Afrikaanse treffers van ouds met ‘n aanslag só vars, jy sal skaars jou ore kan glo!
Die vertoning sluit liedjies van Sonja Heroldt, Laurika Rauch, Jannie du Toit, Christa Steyn, Anneli van Rooyen, Gé Korsten, Koos du Plessis, Lucas Maree, Amanda Strydom, Johannes Kerkorrel, Anton Goosen, Steve Hofmeyr, Janita Claassen en Sias Reyneke in.
Saterdag, 5 September, 20h00, Ou Meulteater, Paarl, R120.00
Bespreek by 083 564 00 56 / vicky@oumeulteater.co.za
