Die bekende aktivis, Rian Malan, verras met sy eie album, Alien Inboorling. Dié eiesoortige album bied Afrikaanse luisteraars ‘n eerlike selfondersoek na wat dit beteken om ‘n Suid-Afrikaner te wees. Rian het ‘n werklik unieke stem en aanslag en elke liedjie sal luisteraars noop om dieper te gaan kyk. Alien Inboorling is ernstige luisterstof wat goed op die oor sal val.

