All this I know

Andrew Lloyd Weber, kruis Noel Cowrard, kruis Cutt Glass kruis Piaf en Brel. Lizz Meiring se vars regie, Saranti Reeders se onmiskenbare musikale regie, ‘n betowerende stel en die drie goue stemme van Paul Warwick Griffin, Harald Richter en Heidi Edeling, maak All This I Know, ‘n moet sien produksie.

Dis ‘n down to basics herlewing van Edith Piaf en Jacques Brel se musiek. Die vertoning begin effens laag, maar voer jou vinnig weg. Netjies gekoordineer en deeglik gerepeteer – laat jou voel asof die vertoning al jare lank hardloop en die kunstenaars instinktief weet wat om te doen, tog is hul entusiasme vars, asof hulle dit vir die eerste keer doen en weklik geniet.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar