Almero is die afgelope 5 jaar besig om saam met sy broer bekendheid te verwerf as sanger en liedjieskrywer, asook digter en outeur.

Op die verhoog speel die stories agter die liedjies ‘n groot rol en dit dra by tot ‘n intieme optrede wat die gehoor deel maak van die verhale.

Deon Meiring het bekend geword as die liedjieskrywer en sanger vir Glaskas en later ook saam met Bouwer Bosch in die duo, Dans Dans Lisa. Op die verhoog speel Deon van sy nuutste en bekendste liedjies en hy doen ook akoestiese weergawes van sy werk in Glaskas en Dans Dans Lisa. Wanneer hy die verhoog deel met Almero haal hy graag sy bekfluitjie uit op ’n paar van Almero se liedjies.

Almero

Lewer kommentaar

Leave a Reply