Gian Groen se nuutste vrystelling, #AlsIsNetLekker, is pas genomineer vir ‘n Ghoema toekenning. Dit word toegeskryf aan die volle sirkel wat bereik is toe Gian besluit het om weer saam met sy oorspronklike orkeslede van 18 jaar gelede te werk. Met Alex Power op baskitaar, Guy Feldman op kitaar, John Mitchell op klawers en die nuwe toevoeging, Simon Sloan, op dromme, is daar ‘n organiese klank geskep wat werk, en wat lewendig gesien moet word.
Gian Groen band by die Boer teater restaurant in Durbanville
28 April om 20:30
Kaartjies R120 en beskikbaar by 021 979 1911

