Amor Hai Vinto

Die program bied ‘n seleksie van werke vir sopraan (Lente Louw) en bariton (Charles Ainsley) uit sowel die vroeë Italiaansebarok (Monteverdi) as verteenwoordigende werke uit die hoogbarok (Vivaldi,Handel).

Die sangers word begelei deur Hans Huyssen (baroktjello) en Andrew Cruikshank (klavesimbel), beide kenners op die gebied van historiese uitvoeringspraktyk en uiters gewild op Suid-Afrikaanse konsertverhoë.

Feesgangers het nou die geleentheid om met hierdie opwindende nuwe benadering tot vroeë musiek in aanraking te kom.

Cultivaria 2010

26 Sept 12h00
120 minute
R120
Hoërskool Gimnasium, Paarl

Lewer kommentaar

Leave a Reply