Amor kry werk by Jacaranda

Amor Vittone het werk gekry as platejoggie by die radiostasie Jacaranda 94.2.

Vittone se woorvoerder Bridget van Oerle het glo aan die tydskrif heat bevestig dat sy agter die mikrofoon gaan inskuif by Jacaranda.

Geen wonder dan dat sy met die radiostasie gepraat het oor die omstrede Joost van der Westhuizen-seksvideo nie. Die aantal luisteraars wat die storie getrek het moes haar CV laat uitstaan het.

Te oordeel aan die plaaslike Internet-statistieke sou jy kon raai Jacaranda 94.2 het nie ‘n lang kontrak geteken nie, aangesien die belangstelling in Vittone se doen en late reeds afneem.

Lewer kommentaar

Leave a Reply