Andriëtte kom met ‘n nuwe vertoning met guru Rainer Jadischke op klavier wat selfs ‘n bietjie Elton John kom doen. Kitaarspeler Ruan Theron vergesel haar ook met liedjies soos “Purple Rain”, “Lost in France”, “Crocodile rock”. Dalk n bietjie country en haar nuutste liedjie “Jy was altyd hier” aan haar man opgedra. Kom lag saam, word diep saam met haar en dans dalk op n tafel as dit moet. Andriëtte bring die ritme die keer en sy nooi jou saam.
By Die Boer teater in Durbanville op Saterdag 20 September en Sondagmiddag 21 September.
Kaartjies kos R240 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

