Met haar splinternuwe enkelsnit “Bang Soos Ek” nooi Marlee van der Merwe luisteraars om deur die delikate spanning tussen liefde en vrees te beweeg – ’n eerlike, emosionele ballade wat wys dat dapperheid nie die afwesigheid van vrees is nie, maar ’n keuse wat ons ten spyte daarvan maak.
“Bang Soos Ek” ondersoek die brose oomblik wanneer ’n mens besluit om weer jou hart oop te maak. Die lewe is eenvoudiger wanneer jy niemand toelaat naby genoeg om jou seer te maak nie – maar ook armer. Soos Maxime Lagacé skryf: “To love is risky. Not to love is foolish.” Marlee vang dié waarheid vas in ’n lied wat tegelyk introspektief én aanmoedigend is: wanneer liefde skrikwekkend voel, doen dit liewer bang as glad nie.
Musikaal wys die snit ’n nuwe faset van Marlee se groeiende artistieke identiteit. Met sy warm folk-pop klank, warm akoestiese klanke en melodiese eenvoud, bring “Bang Soos Ek” ’n sagtheid wat onmiddellik naby voel – ’n natuurlike tuiste vir haar aanhangers.


Dit is ’n radiovriendelike, opregte folk-pop ballade vol siel, selfondersoek en menslikheid.

Bang soos ek - Marlee van der Merwe
Bang soos ek – Marlee van der Merwe

Lewer kommentaar

Leave a Reply