Dit is die eerste herdenking van Reuben se ma se dood. Hy bied ’n kunsuitstalling aan, getiteld Rou Moeder. ’n Huldeblyk, of eerder ’n finale totsiens, met sy ma as die middelpunt van alles. Totdat sy nie is nie. Die uitstalling ontaard in ’n aand met ’n snaakse jong vrou, ’n Weense worsie en ’n ma wat nog nie heeltemal gereed is om aan te beweeg nie. ’n Gebroke hart is genoeg om met die noodlot te dans: Smart hou immers daarvan om rou bedien te word.

MET Heinrich Wentzel en Ancois Bodenstein TEKS Kristen Fichardt en Shannon Hendry REGIE Kristen Fichardt VERHOOGBESTUURDER Shannon Hendry ASSISTENTVERHOOGBESTUURDER Sonja Louw VERVAARDIGER Wow Bonn Collective

29 Maart 2026, 15:30
30 Maart 2026, 20:00
31 Maart 2026, 17:30

ATKV-Griesselsaal, Oudtshoorn, KKNK

Akrasia - Nardus Engelbrecht
Akrasia – foto: Nardus Engelbrecht

Lewer kommentaar

Leave a Reply