Bellville” is die eerste nuwe enkelsnit vanaf Die Heuwels Fantasties se nuwe album met die titel C’est La Vie wat vroeg in September uitgereik word.

Bellville

Die lirieke is deur Pierre Greeff se vrou Jani gedurende die onlangse Covid tydperk geskryf. Met betrekking tot die lirieke: “Altyd gereed/Hand op die heup/Altyd die buitekant glimlag/Maar die binnekant bly maar seer/Sê vir my Pa ek kom huis toe” verduidelik sy: “Ek het my pa op `n baie jong ouderdom verloor. Die idee ‘om jou pa te bel as jy in die knyp is’ is vir my soms moeilik om te begryp. Ek het die liedjie geskryf toe ek gevoel het dat ek omring was deur die dood en ek het gewonder, as dit vir my kom , hoe sal dit lyk? Wanneer dit my tyd is, hoop ek dit is my pa wat my kom haal. Maar wie weet hoe die dinge gebeur? Wie ook al opdaag, moet weet dat hulle my tien teen een op die hoek van Jip en Kommissaris straat in Bellville sal vind.”

Hunter Kennedy voel dat daar `n super lekker energie tussen die lirieke en musiek van “Bellville” is: “Liries dwaal dit in ‘n alledaagse eksistensialisme en wroeg met voorstedelike vrees, maar sonies is dit triomfantlik. Die trompet verwerking deur virtuoos William Haubrech sorg vir die emosionele oorwinning terwyl die dromerige volksmusiek jou oop maak om huis toe te verlang.”

Die video vir “Bellville” was gedeeltelik verfilm tydens die opname van die liedjie. Die res van die video is deur die meesterlike Damiane van Reenen geskep en vervaardig.

C’est La Vie is Die Heuwels Fantasties se negende studio album.

Kunstenaars wat met Die Heuwels op C`est La Vie saamgewerk het is:

CHXRL, Francois van Coke, Jack and June, Coenie de Villiers, Ettienne en Taleswapper. C`est La Vie word op 2 September uitgereik.

Die Heuwels Fantasties
Die Heuwels Fantasties, foto deur Damiane van Reenen

Lewer kommentaar

Leave a Reply