Koos swem

Koos woon ‘n partytjie by. Dis by die huis van ‘n baie ryk man met te veel geld en te veel tyd.

Laat die aand roep die ryk man almal byeen en kondig aan dat hy ‘n verassing het. Hy lei hulle na ‘n groot swembad vol krokodille en maak ‘n aanbod aan sy gaste. Enige persoon wat deur die swembad swem kan drie versoeke aan hom rig en hy sal moeite doen en al sy geld inspan om elkeen van die wense te bewaarheid.

Doodse stilte het geheers en niemand wou dit waag nie. En toe skielik is daar ‘n allemintige gespat van water! Koos swem so al wat hy kan. Hy maak dit net-net voor ‘n krokodil hom beetkry.

“Fantasties Koos” sê die ryk man. “Wat is jou drie wense?”
“Ek soek ‘n haelgeweer.”
“Ek soek koeëls vir daai haelgeweer.”
“En jou laaste wens?” vra die ryk man.

“Wys my daai bliksem wat my ingestamp het!”

(Oorspronklik verskyn 8 Maart 2012)

Lewer kommentaar

Leave a Reply