Frank Opperman vertolk weer die rol van die skoolhoof, mnr. Barry Swart, alom bekend as Donkie. Mnr. Barry Swart (Frank) is die hoof van ‘n Hoërskool Hans Oosthuizen. Hy is uitgebrand, “suf geslaan” en gebombardeer” – dit is die beste beskrywing van sy gemoedstoestand. Die arme man lê onder ‘n ploegskaar van terneergedruktheid, maar oorkom dit met humor.

Die stuk skop by Maandagoggend se saalopening af. Wat doen ‘n skoolhoof wanneer hy besef dat sommige leerlinge nie die einde van die jaar gaan slaag nie? Dis is ná die Covid-19-pandemie en niemand het die moed, lus of ywer om die wa deur die parasietbesemette drif te trek nie. En die kinders moet maskers dra! Die skool is onder finansiële druk, sowel as druk om van ‘n Afrikaansmediumskool na ‘n dubbelmediumskool te verander. Ondanks die moeilike tye probeer Mnr. Swart dinge maak werk maar hy is goed gatvol. Hy praat nou meer Engels, maar ‘n baie swak Engels, hy voer selfs die Jerusalema-dans uit en hy sukkel met sy huwelik. Boonop kom die Black Lives Matter-saak ook ter sprake. Daar is verder honderde eksemplare van die skool se herdenkingsboek gedruk wat niemand wil lees nie … Die Beheerliggaam sowel as sommige ouers en onderwysers eis mnr. Swart se kop. Mnr. Swart oorweeg om te bedank, maar dan, een Maandagoggend tydens saalopening, besluit hy om sy kant van die saak te stel …

Dit is ‘n produksie met soveel humor, fyn waarneming, subtiele kommentaar en absolute deernis dat almal hulself (daarin) sal verkneukel. Maak seker jy kry die geleentheid om die bekroonde en gewilde akteur Frank Opperman in aksie te sien in 2022!

Donkie
Donkie

FRANK OPPERMAN in NOG STEEDS DONKIE

DIE BOER TEATER RESTAURANT IN DURBANVILLE- 6-10 SEPT @ 20:30 & Sondag 11 Sept @ 14:00

KAARTJIES: R180

BESPREEK: 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Leave a Reply