In Donkie ontmoet ons mnr. Barry Swart, 58-jarige hoof van die Hoërskool Hans Oosthuizen, ’n voormalige model C-skool.

Mnr. Swart is ’n man onder druk: Die leerlinge se akademiese prestasie is nie na wense nie en die eerste rugbyspan het vyf wedstryde agtereenvolgens verloor. Daar is ook ernstige probleme met dissipline, ’’n rassistiese voorval en vrae of Afrikaans nog ’’n onderrigtaal taal gaan wees. Uit talle oorde word mnr. Swart se kop geëis. Só besluit hy een Maandagoggend tydens saalopening om sy kant van die saak te stel …

Met: Frank Opperman

Regie: Gerrit Schoonhoven

Teks: Dana Snyman

Vervaardiger: Let’s be Frank

Genre: Komiese drama

Taal: Afrikaans

Ouderdomsbeperking: Geen

Tydsduur: 1 uur

Kaartjies: R125 | R140 by die deur

Plek: Laerskool Van Reedesaal, Oudtshoorn

Datum: 22 MAART 10:00, 23 MAART 19:00, 24 MAART 14:00, 25 MAART 17:00, 26 MAART 14:30 KKNK 2019

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply