Fruitloeps handel oor die wel en wee van twee uitsmyters, wat ook die eienaars van ’n nagklub is – Club Fruitloeps.
Hulle kom met verskillende mense in kontak en moet hul weg tussen al die stories, mense en chaos probeer vind. Hulle vertel hoe ’n tipiese naweek by hul nagklub lyk en gee ’n satiriese blik op Club Fruitloeps se kliënte.
Die mense wat jy gaan sien, is aan jou bekend – die antie van die kerk, die oom op die straathoek en jy mag dalk net jouself ook herken.
* Debuut *
Met: Dean John Smith en Gantane Kusch
Regie: Sandra Temmingh
Teks: Dean John Smith en Gantane Kusch
Verhoogbestuurder: Dustin Beck
Produksiebestuurder: Mercy Kannemeyer
Genre: Komedie
Taal: Afrikaans en Engels
Ouderdomsbeperking: Geen o/13 jaar
Tydsduur: 1 uur 10 minute
Kaartjies: R105 | R120 by die deur
Plek: Griesselsaal, Oudtshoorn
Datum: 23 MAART 20:00, 24 MAART 10:00, 25 MAART 13:00, 26 MAART 17:00

