Kyk … as daar nou één dag is wat Ans Le Roux en Elna Basson nie tyd het om in ’n hysbak vas te sit nie, dan is dit vandag.
Daar is ’n duisend dinge … mans en kinders, specials by Checkers, vraestelle om te merk, huise om te verkoop, Ans se obsessie met eierwit (verlede maand was dit borrie), wat om vanaand gaar te maak (Dieter is mos nou ’n vegan) en pa se woonstel.
Die voordele van eierwit besin oor ons gejaagde lewe, maar wat as dit vir ’n oomblik tot stilstand kom?
* Debuut *
Met: Marion Holm en Margit Meyer-Rödenbeck
Regie: Tara Notcutt
Teks: Retief Scholtz
Verhoogbestuurder: Mariska Meyer
Vervaardiger: Arena Produksiehuis & Handyminds
Genre: Komiese drama
Taal: Afrikaans
Ouderdomsbeperking: Geen o/10 jaar
Tydsduur: 1 uur 20 minute
Kaartjies: R145 | R160 by die deur
Plek: KykNET Hoërskoolsaal, Oudtshoorn
Datum: 23 MAART 18:30, 24 MAART 09:30, 25 MAART 18:30, 26 MAART 09:30, 27 MAART 18:30 KKNK 2019
Lewer kommentaar