Suid-Afrika, ek skryf vir jou ’n brief.

Een wat al vantevore geskryf is. ’n Brief wat deur die jare teen badkamermure ingeëts staan, soos ’n tiener se liefdesbrief of ’n belydenis aan mekaar. Ek is jammer. Dit mag nie noodwendig leesbaar wees nie.

Die skrif is aan die muur is ’n performance art-stuk wat die gehoor uitnooi om hul eie brief aan die

land neer te pen. Om hulself teen, deur en oor mekaar te skryf. Om deur teks te kou, te klou, te kots. ’n Interteks of metateks te skep. Een wat altyd weer doodgekrap of afgewas kan word.

(As gehoorlid kan jyself besluit wanneer jy wil aansluit en hoe lank jy wil vertoef.)

* Debuut *

Met: Kanya Viljoen

Regie en vervaardiger: Kanya Viljoe

Teks: Digters uit die Suid-Afrikaanse literêre kanon

Verhoogbestuurder: Emilie Badenhorst

Genre: Plekspesifieke drama

Taal: Afrikaans en Engels

Ouderdomsbeperking: Geen o/10 jaar

Tydsduur: 45 minute

Kaartjies: R105 | R120 by die deur

Plek: Die Toilet, Oudtshoorn

Datum: 22 MAART 11:00, 22 MAART 16:00, 23 MAART 11:00, 24 MAART 11:00, 24 MAART 15:00, 25 MAART 11:00, 25 MAART 15:00

KKNK 2019

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar