Blondes, Verdi & Lloyd Webber

Die Blondes se splinternuwe tweeklavier–produksie bring vanjar die bekendste melodieë uit Verdi se operas en Andrew Lloyd Webber se blyspele bymekaar in keurspele wat jou asem sal wegslaan.

Lieflike arias uit La Traviata, II Travatore, Aida, Rigolletto, Un Ballo en Otella bring die drama romantiek en nostalgie van opera na die gehoor in die vorm van briljante tweeklavierverwerkings.

Die Lloyd Webber keurspel laat die klaviere weer ruk en rol op maat van die tromme. Die Blondes sorg weer vir ‘n uur van genot,met hul tegniese virtuositeit,oorspronklike verwerkings en musicale humor.

Met Zorada Temmingh

27 Sept 16h00
Almal
FNB Ouditorium (Polisie Kollege)
60min,R100

Cultivaria 2009

Lewer kommentaar

Leave a Reply