Bosrumoer 2016

Vir een naweek in Oktober word die rustige Zeerust omgewing omskep in ‘n gewemel van pretsoekers, musiekgeesdriftiges, kosliefhebbers en 4 x 4 aanhangers wanneer die Zeerust gemeenskap besoekers van oral oor uitnooi om deel te neem in die lekker van somer in die Bosveld.

Die gerumoer sluit in optredes deur Leah, Jay en Lianie en plaaslike musikante, die “Mini Spirit of Africa” 4 x 4 uitdaging, boeresport, biertuin, outentieke boerekos, kinderpark, stalletjies en vele meer! Toegang vir Vrydag is R30 (Dans saam met Frekcled Elvis Band) en Saterdag R70 vir volwassenes.

Die pragplaas Doornrivier gooi sy plaashekke oop vir dagbesoekers sowel as kampeerders. Vele gastehuise en oornagplekke in die omgewing bied verblyfpakette aan.

Epos: bosrumoer@gmail.com vir navrae en besprekings.

Skakel Mariesa by 083 276 5081 of Lourens by 076 066 5593 vir meer inligting.

7 en 8 Oktober 2016
Doornrivier, Zeerust

Bosrumoer 2016
Bosrumoer 2016

Lewer kommentaar

Leave a Reply