Vir een naweek in Oktober word die rustige Zeerust omgewing omskep in ‘n gewemel van pretsoekers, musiekgeesdriftiges, kosliefhebbers en 4 x 4 aanhangers wanneer die Zeerust gemeenskap besoekers van oral oor uitnooi om deel te neem in die lekker van somer in die Bosveld.
