Braai some more

Kom skud jou biskit en vier plaaslike musiekerfenis op Braaidag saam met Claire Johnston, Emo Adams, Karen Zoid, Chris Chameleon en ene Sarel Fourie (wat die woord sal voer en ook ’n bietjie sal sing).

Liedjies oor tarantulas, meisies sonder sokkies, brandewyn en leeus sal ’n spul Afrikaners heel aand plesierig hou. En sing lustig saam met ons eie braai-koor, die Special Stars, en die AngloGold Ashanti-koor.

Gryp jou boereworsrol en val in.

Aardklop 2103

Genre: Musiek
Ouderdomsbeperking: Geen
Plek: kykNET Musiek-verhoog , Potchefstroom
Tydsduur: 180 minute
Kaartjies: R50 – R150
24 Sept. – 19:00

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar