Frans Karoo is nie meer ’n rookie in die musiekbedryf nie. Van 2010 – 2014 kry hy sy vuurdoop met Jet Black Camaro. Van 2014 tot nou, slyp hy sy tande met die SAMA benoemde, psychedelic blues band, Gunshot Blue. En met Braambos Radio stel hy sy debuut solo album vry deur Gallo Music op 23 Januarie 2023. As Braambos Radio die soundtrack was, is Braambos TV die movie. Met ’n lucky packet van ge-animeerde, ge-illustreerde, film en reeks gifs, kry die 11 songs van Braambos Radio elkeen nou hul eie rooitapyt oomblik. Braambos TV is ’n ode aan film. Van gruwel, aksie en komedie tot spanning, drama en wetenskapfiksie, flits ’n bioskoop van genres by jou oë verby. Soms ligsinnig en laf. Soms diep en donker. Soms vrolik en vry. Soms onseker en onheilspellend. Met Braambos TV shapeshift 11 liedjies in 11 kortfilms in. Dis ’n trippy deurtog wat uiteenlopende gevoelens in die soeke na geluk oor generasies dokumenteer. Geluk in self. Geluk in menswees. Geluk in hier wees.
