Carike in Kinderland 3

Carike in Kinderland 3 is nog ‘n mengsel van bekende kinderliedjies (uit die ouers se kinderdae) soos “Sal Jy dit Glo”, “Sarel Seemonster”, “Ploegtyd” en “Nakkie die Nar”. Daars ook nuwes soos “Tik Tok”, “Vier Seisoene”, “O Die Huiswerk” en baie ander. Hierdie is sowaar ‘n puik album wat ouers saam met die rakkers kan geniet. So, terwyl jy lekker saam met Sarel Seemonster sing, dink bietjie: in watter program uit die 70’s het Sarel Seemonster kinders laat skater? Wielie Walie!

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar