Waarom skryf mense liedjies? Wat gebeur voor daardie kreatiewe “fairy dust” begin skitter, en die pen en papier nader getrek word en ‘n skrywer voor die klavier of kitaar gaan sit om ‘n splinternuwe liedjie te skryf? Anna vertel stories van hoe liedjies by haar uitgekom het, asook snaakse en interessante stories van waar bekende liedjies vandaan kom, van o.a. die Beatles, Phil Collins, Leonard Cohen en Bob Dylan.
By Die Boer restaurant teater op 29 Nov om 20h30. Kaartjies kos R180 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com