David Kramer: ’n biografie

David Kramer: ’n biografie is die eerste boek oor die lewe en loopbaan van dié geliefde musikant.

Die skrywers herskep die Worcester van Kramer se grootwordjare en vertel hoe hy as skoolseun reeds sy talent vir vermaak en musiek ontdek het. Nadat hy tekstielontwerp in Engeland studeer het, keer hy terug na Kaapstad en reik sy eerste album Bakgat! uit. Hoewel die SAUK dit verbied, kon niks in die pad staan van sy wegholsukses met albums soos Die Verhaal van Blokkies Joubert, Jis Jis Jis en Hanepootpad nie.

Sy skielike roem het egter ook ’n skadukant gehad. Toe sy “almal se pel”-persona teen die middel-tagtigerjare dreig om sy lewe oor te neem, het Kramer ’n nuwe kreatiewe uitlaatklep in musiekblyspele gevind. Saam met Taliep Petersen het hy die gewilde District Six – The Musical op die planke gebring. Hulle het internasionale roem verwerf met Kat and the Kings wat op sowel die West End as Broadway gespeel het.

Kramer se werk is diep geanker in ’n unieke Suid-Afrikaanse werklikheid. Sy lewensdroom is verwesenlik toe hy sedert 1999 die amper vergete musiek van folk-musikante uit die Karoo kon begin dokumenteer. Gehore is oorrompel deur die Karoo Kitaar Blues-vertoning en -CD wat daaruit gevloei het.

Dié biografie is gebaseer op meer as vier jaar se navorsing en onbeperkte toegang tot David en Renaye Kramer en hul omvangryke argief. Dit werp ’n eerlike en onthullende blik op dié ikoniese kunstenaar.

Also available in English as David Kramer: a Biography.

David Kramer: ’n biografie
David Kramer: ’n biografie

Die boek word volgende week vrygestel.

David Kramer: ’n biografie / deur Mathilda Slabbert, Dawid de Villiers. — Tafelberg, 2011. — 352 p. ; 80 foto’s , sagteband. — ISBN 9780624049678 : R 195.00

Lewer kommentaar

Leave a Reply