In Kaapse Breyani fokus die immergroen sanger en liedjieskrywer David Kramer op die Afrikaanse volksmusiek van die Kaap.
In samewerking met sommige van die Kaap se vernaamste musikante, word die vertoning gekenmerk deur banjos, mandoliene, ’n kitaar, saxofone en trekklaviere wat musiek eie aan die Kaap maak.
Op sy onnavolgbare manier, beklemtoon Kramer die talente van hierdie kunstenaars soos wat hy die moppie,
die ghoemaliedjie en ander Afrikaanse liedjies (soos Vanaand gaan die volkies koring sny), wat ’n deel van die Kaapse tradisie geword het, verken.
Regie: David Kramer
Met David Kramer, Camillo Lombard, Donvino Prins, Jacques Steyn, Howard Links, Gammie Lakay, Elsbeth Davids en Ruth Hector
80 min. R110 Absa Burgersentrum
6 Apr. 20:30 7 Apr. 09:00 7 Apr. 14:00
KKNK 2010
