Roekeloos
In Bols ondersoek Rian van Heerden die een (twee) dinge wat ons regtig nodig het om te oorleef in Suid-Afrika … o ja, en ook vir enige sokkerwedstryd!
Verlede jaar het Siek en Saad sommige gehoorlede laat skater, ander het na hulle asems gesnak. In 2010 bring Rian vir jou, in dieselfde tradisie, die eenmanstuk Bols.
En meer as genoeg geel, rooi, blou, swart en groen kaarte uitgedeel om enige Fifa skeidsregter se fluitjie permanent aan sy lippe te laat vasplak. Daar is kaarte vir kerrie moordenaars, Vishoek haaie, Afrikaanse tokkelossies, bronstige emu’s, verrassings in die toiletbak, die grotman dieët, Middeleeuse hobo’s, bos dominees en Kung Fu ape.
Laat ons nie vergeet van Jacob Zuma (die vader van die nasie), Gary Player se toekomsvoorspellings, poepdronk polisie, troeteldier tameletjies en bakkie ry onderstebo in die swembad nie. En vele meer!
O ja…die Midde Oosterse Idols word bygevoeg net om jou ervaring tydens Bols soveel meer genotvol te maak.
Wie gaan watter kaart kry? En ja, ons weet swart, groen en blou kaarte word nie gebruik tydens ‘n sokkerwedstryd nie maar die swart en die groen kaart is blykbaar baie gewild in Suid-Afrika … so hulle is ingesluit!
Om nie eers te praat van die gewildheid van die blou kaart nie … Hubba hubba.
Hierdie vertoning is beslis nie vir sensitiewe gehore nie.
Loer in Roekeloos se dagboek vir Rian se volgende optrede.


hi Rian
please let me know when your show Bols will be on in Bloem we would love to go
many thanks
Nadine Spreeth