Déjà-vu

Petronel Baard, wenner van die 1999 ATKV Crescendokompetisie, is terug met ‘n splinternuwe CD getiteld Déjà-Vu. Hierdie album is ‘n regstreekse opname van Petronel met haar begeleier, Riaan Bolt – saam in aksie op die verhoog in hulle kabaretvertoning Déjà Vu. Dit is Baard en Bolt op hulle beste in ‘n produksie wat gestroop is van tierlantyntjies, met net stem en klavier.

Die album bevat ‘n hele aantal splintenuwe liedjies uit die pen van Petronel met ook ou gunstelinge soos “Ma” en “A Luta Continua”. Baard en Bolt reeds twee jaar lank saam. Déjà-vu is hulle nuwe verhoogproduksie na Lang Vrou waarmee Petronel se gelyknamige debuut-cd bekend gestel is. Lang Vrou is ook in 2000 genomineer vir ‘n SAMA-toekenning vir beste volwasse kontemporêre album in Afrikaans.

Déjà-vu beteken “die gevoel wat ‘n mens ervaar as jy ‘n voorval/insident onthou wat nie tevore beleef of gesien is nie”. Baie van die liedjies op hierdie album se oorsprong word geïnspireer deur voorvalle waar daar ‘n groot mate van déjà-vu betrokke was. Die musiek is mooi geweef in eksotiese droomformaat en weerspieël blatant verskillende menslike psiges en emosies.

Petronel se begeleier Riaan Bolt studeer tans onder Lorraine Joubert en het die Johannesburgse Eisteddfodbeurs vir ‘n aantal opeenvolgende jare losgeslaan. Riaan beoog om sy studies in Leipzig, Duitsland, voort te sit.

Die vervaardiger van die cd is Bruce Kinnear van Silver Tulip Music Studios in Kampsbaai. Die album word deur JNS Musiek versprei.

Lewer kommentaar

Leave a Reply