Die Kersieboord

Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za

Die klassieke stuk is een honderd jaar gelede vir die eerste keer aangebied, en dis verstommend hoe relevant, nie net die temas oor politiese en sosiale kwessies nog steeds is nie, maar ook die universele menslike probleme wat Anton Tsjechow hier ondersoek. Tsjechow, deur baie beskou as een van die beste dramaturge ooit, is een honderd jaar gelede oorlede kort na die eerste vertoning van Die Kersieboord, en die opvoering is ook dan ´n herdenking en viering van sy werk.

Tsjechow het die stuk as ´n komedie bestempel, hoewel dié beskrywing menigte kritici en regisseurs al laat kopkrap het. Die regie van die stuk word deur Gaerin Hauptfleisch behartig, wat die stuk realisties benader met ontwerpelemente uit meer kontemporêre verhoogstyle bygevoeg. Die vertaling is deur Karel Schoeman.

Lewer kommentaar

Leave a Reply