Diamonds are forever is ‘n feesviering van die ongelooflike musiek deur Shirley Bassey opgeneem oor haar ses dekades loopbaan. Anna Davel sing hoogtepunte van hierdie diverse en sielvolle sangeres se repertoire, asook haar eie persoonlike gunstelinge.
Pianis en vervaardiger Jaconell Mouton, trek bekende liedjies ‘n nuwe baadjie aan, en die gehoor kan uitsien na akoestiese verwerkings van Bassey se grootste treffer; o.a. Diamonds are forever / Never, Never, Never / Big Spender / I, who have nothing / Kiss me, Honey, Honey / Where do I begin / How do you keep the music playing / I am what I am.
Waar: Die Boer Teater restaurant – Durbanville
Wanneer: 4 Maart 2020
Tyd: 20:30 (deure maak reeds 18:30 oop vir aandete)
Prys: R155pp (kos uitgesluit)
Kaartjies: Besprekings by 021 9791911, of aanlyn by www.dieboer.com