Die Boer restaurant teater in Durbanville wat, soos meeste ander teaters, tydelik gesluit is weens die pandemie, word op 20 April 16 jaar oud.  Om die geleentheid te vier het hulle besluit om al die ‘aanlyn’ vertonings, wat daar opgeneem is gedurende die inperkingstyd,  weer vry te stel teen ‘n spesiale prys.  Dit sluit in vertonings van Koos Kombuis & Schalk Joubert, Valiant Swart & Gian Groen, Marion Holm, Sandra Prinsloo, Bottomless Coffee, Lize Beekman & Jaconell Mouton en Emma van Heyn.

Enige van hierdie vertonings is beskikbaar by Webtickets teen R50 per vertoning. Die vertonings sal aanlyn gekyk kan word vanaf 20 April tot 2 Mei middernag. Die fondse wat hiermee ingesamel word, sal gebruik word om die betrokke kunstenaars te help ondersteun asook ter voorbereiding van die Boer se heropening, hopelik teen September 2021. Besprekings open 16 April 2021.

Lewer kommentaar

Leave a Reply