Twee lekker sorgvrye treffers wat daai rooi gebrande litte op die vakansie strande behoorlik gaan losmaak, is onlangs deur Die Heuwels Fantasties uitgereik. Praat nie van die dansvloere laat kook nie – as die son sak raak dit mos net nog lekkerder.

“Doin` it right” is DHF se eerste offisiele Engelse enkelsnit. Hunter Kennedy sê: “Om een of ander rede was ons keen om `n Engelse song op te neem. “Doin` it right” is `n regte ‘gone-clubbing banger’, dit laat my soos `n wenner voel!” Die liedjie is vroeër vanjaar by Sunset Studios in Stellenbosch opgeneem. Die band het dit daarna vir hul vriend Pierre Pressure in Namibië gestuur. “Hy is baie vernuftig met die produksie van dans-musiek”  vertel Fred den Hartog. “Ons hou baie van wat hy met die song gedoen het. Met Pierre Pressure agter die knoppies, het die Heuwels seker gemaak die beat skop agter die melankoliese love-song melodie en lirieke.”

Luister na “Doin` it right” hier:

“Mejuffrou Sonneblom” is `n  lekker ‘90’s throwback song’. Soos Hunter dit stel: “Voel vir my soos ‘n somerbries-swembad-partytjie.”  DHF het op hierdie liedjie met met Rudolf Willemse, Potchefstroom se mees talentvolle musiek-regisseur saamgewerk. Fred sê: “Mejuffrou Sonneblom is ‘n rollercoaster van emosies wat jou kop laat wip tussendeur die 80’s cinema beats en Hunter Kennedy se masjiengeweer lirieke. Nostalgie en Suid Afrikanismes is weereens die temas wat voorkeur geniet in hierdie never-been-done-before klank vir Heuwels Fantasties.”

Die twee nuwe liedjies volg kort op die hakke na Die Heuwels Fantasties se onlangse enkelsnit uitreiking “Jy Stel My Teleur” wat tans op verskeie Top 20 trefferlyste pryk. `n Vollengte album word vroeg volgende jaar uitgereik.

Die Heuwels Fantasties Desember Kustoer Joligheid:

26 Desember: Jolly Dolphin, JBay Rocks.

27 Desember: The Stables, Stilbaai. Met Jack Parow, Early B en meer.

31 Desember: Van Riebeeck Stadium Mosselbaai. Met Jack Parow, Early B en meer.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar