As jy na Die Heuwels se live shows verlang het, is daar goeie nuus! Hulle speel op Sondag 18 April by Nooitgedacht wynplaas in Stellenbosch. Dit is ‘n piekniek-konsert en DHF stel ook hul eie wyn bekend!
Slegs 500 kaartjies beskikbaar vir die vertoning. Moenie uitmis nie! Dit is DHF se eerste LIVE show in die Kaap sedert lockdown.
Kaartjies is R300 (Kinders onder 12 Halfprys @ R150 en Kinders onder 3 GRATIS)
- Beperkte kaartjies sluit DHF se eerste wyn-colab met meesterwynmakers Gavin Bruwer en Bruwer Raats van B Vintners-faam in, asook fynproe-boer Danie Carinus (Carinus Family Vineyards) met sy pragtige spogwyndruiwe. Dis ’n klein beperkte oplaag CHENIN BLANC wat geproduseer is en dis 1ste en eksklusief by dié aangeleentheid te vinde.
- Watch this space. Hierdie is net die begin ons noem dit DIE HEUWELS FANTASTIES FAMILIE WYNE.
- SLEGS 390 bottels is gebottel vir die oesjaar! Moenie uitmis nie.
- Jy kan ook ‘n piekniek boks / burger en chips vooraf bestel en daar sal kos stalletjies wees.
- SLEGS 20 VIP KAARTJIES BESKIKBAAR vir elke show en sluit ‘n kis (6 bottels) van die wyn asook kos in.
Voorprogram deur Corné Pretorius. Pretorius is bekend vir sy liedjies Halfvol, Vuur en Vlam, Vergewe My en Biertjies wat hy onlangs saam met Die Heuwels en Ampie uitgereik het.
Kaartjies net hier by www.Howler.co.za
Tye:
11:00 Hekke maak oop.
15:30 Corné Pretorius.
16:30 Die Heuwels Fantasties.
Alle ouderdomme welkom. Bring eie piekniek kombers of stoel.
