Twee troebadoers … twee vriende … twee verskillende style … beide towenaars met woorde. Twee stemme wat al weerklink het tot in al die hoeke van die Afrikaanse musieklandskap oor die afgelope twee dekades.

Valiant Swart en Gian Groen het in grendeltyd bymekaar gekom in die verlate Boer restaurant teater in Durbanville, net om weer ‘n konsert te kon hou … net om weer saam te kon musiekmaak, herinneringe en stories te kon deel in die “gewyde atmosfeer” van hierdie bekende musikale landmerk.

In hierdie intieme konsert, deel Valiant en Gian van hul nuwe liedjies met mekaar, maar speel ook saam van hulle immergroen treffers. Met hart en siel hou hulle konsert vir ’n volgepakte gehoor van … leë stoele.  Ai, as die stoele maar net kon praat   … maar wie weet … dalk kan hulle!  Kom vind uit.

30 Julie 2020 (19:00) – 4 Augustus 2020 (19:00)

Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by Webtickets

https://www.webtickets.co.za/v2/Event.aspx?itemid=1502471716

Gian Groen en Valiant Swart

Lewer kommentaar

Leave a Reply