Na ‘n baie lang afwesigheid het Die Melktert Kommissie besluit om weer hul voete op die verhoog te waag.

Die Melktert Kommissie is ‘n 4-stuk Afrikaanse rock band, oorspronklik van Jeffeysbaai en bestaan uit Lucinda Rosa Neethling (Lead vocals en acoustic guitar), Jean Marie Korff (Electric guitar en backing vocals), Tim van der Westhuizen (Bass guitar) en Jan-Adriaan Korff (Drums en backing vocals). Die band het in 2002 bymekaargekom vir die eerste Rockspaaider kompetisie wat hul gewen het.

Hul eerste CD Volroom is in Junie 2003 opgeneem en later daardie jaar vrygestel. In April 2005 het hulle besluit om Die Melktert Kommissie as ‘n professie op te neem en om voltyds te toer en bemark en het selfs ‘n draai in Londen gaan maak. Daar was twee musiekvideo’s gemaak van snitte op die album naamlik: “Tiener” en “Sticks and Stones”.

Die tweede album, Wonderwoorde is in November 2005 opgeneem en vroeg in 2006 vrygestel. Die ontvangs van die nuwe album was baie goed deur die publiek sowel as die media. Hulle het die land platgetoer en rekord verkope gehad. Drie musiekvideos van snitte op die album het gevolg: “Hier’s ek weer”, “My engel” en “Proudly South African”.

Middel 2007 het Die Melktert Kommissie hul derde album Vergewe en Vergeet opgeneem. Twee musiek videos “Mr Jealousy” en “Pronk” is vanaf die album gemaak. Die snit “Pronk” is ook gebruik op die klankbaan vir die Afrikaanse film, Bakgat!.

Aan die einde van 2009 het DMK hul vertonings begin afskaal voordat hulle aangekondig het dat die groep ‘n break gaan neem. Drie van die lede woon tans in Kaapstad terwyl een nog in die Jakarandastad woon. Die Melktert Kommissie is by die Boer restaurant teater in Durbanville op 6 en 7 Junie om 20:30. Kaartjie kos R145 en is by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar