Die nuwe Blues Broers

Na 21 jaar het Albert Frost die Blues Broers verlaat. Hy gaan voortaan op sy eie musiekloopbaan fokus.

Frost se plek word ingeneem deur Basson Laubsher, bekend vir sy optredes saam met Valiant Swart en Zinkplaat. Laubscher het ook onlangs sy eie CD laat verskyn, Shakedown.

Die Blues Broers bestaan deesdae uit Rob Nagel, Simon Orange, Basson Laubscher en Jonno Sweetman.

Jy kan hulle Vrydag, 15 Januarie 2016 by Die Boer in Durbanville vang. Kaartjies kos R130 en kan bespreek word by 021 979 1911.

Rob Nagel
Rob Nagel

Lewer kommentaar

Leave a Reply