Met sy negende album, Die Rower, bied Juan Boucher die Afrikaanse mark iets romanties en mistiek. Die titelsnit, “Die Rower,” is ‘n lied wat die luisteraar neem op ‘n reis van liefde en verlange, met ‘n atmosfeer wat soos mis oor die see hang.
Een van die hoogtepunte van Die Rower is die duet wat Juan gedoen het saam met die sangeres, Tasché. Hierdie unieke samewerking skep ‘n atmosfeer van liefde, verlange en samesyn deur moeilike tye. Die kombinasie van Juan se kragtige stem en Tasché se betowerende klank skep ‘n musikale ervaring wat diep in die siel resoneer.
Juan Boucher is bekend vir sy ongelooflike sukses op die verhoog en word beskou as een van die mees dominante kunstenaars in die Afrikaanse bedryf. Met meer as 60 miljoen kyke op sy musiekvideos alleen, het Juan ‘n lojale aanhang wat honger is vir sy nuwe “reise”(musiek).
In sy beskrywing van sy skyfproses, openbaar Juan sy passie vir skryf en musiek. Hy beskryf hoe die woorde hom oorval en hy gedrewe word om sy kitaar te gryp en te sing. Sy liefde vir musiek en gedigte is duidelik in elke noot en elke woord wat hy skryf. Vir hom is dit ‘n plesier om sy musiek met mense te deel en om ‘n emosionele verbinding met sy gehoor te maak.
Vrydag 15 Maart 20h15, Die Drostdy Teater, Stellenbosch