Die Runaway Sessions

Die Runaway Sessions

Roekeloos

Sedert Jan Blohm in 2004 op die Suid-Afrikaanse musiekhorison verskyn het, het hy met elke projek sy onteenseglike talent onderstreep en bewys.

Sy projek vir 2010, Die Runaway Sessions, is ‘n verwerking van die liedjies wat op sy 2006 album, ‘n Stille Runaway, verskyn.

Hoewel ‘n Stille Runaway stewig op sy eie bene gestaan het en uiters positief ontvang is, erken Jan dat hy self nooit ten volle tevrede was met die eindproduk nie. Êrens in sy siel het die liedjies by hom bly spook, juis omdat hy ten tye van die opnames ‘n diep emosionele binne-reis ondergaan het. Lees veral die CD se omslag om die volle verhaal en agtergrond te waardeer. Die waarheid is inderdaad dikwels mooier as fiksie …

Wat hierdie album juis besonders maak, is nie alleen die integriteit waarmee dit aangepak is nie, maar ook die algehele atmosfeer wat die projek omvou. Ja, dis tipies Jan Blohm, maar dis veel meer as dit. Sy digterlike eiensakppe word gekomplimenteer deur sy musikale interpretasie. Een ding wat Blohm besonders maak is sy musiek wat uit die hart spreek.

Mens kan nie help wonder of hy al alles gewys het waartoe hy in staat is nie? Dit blyk egter dat sy kreatiewe bron nog nie die bodem bereik het nie. Hierdie album is tipies van Blohm se brawe eerlikheid wat op ‘n bitter-soet wyse die gees volmaak.

Jan Blohm
Jan Blohm
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar