’n Skouspel van virtuose klavierspel en sang met Niël Rademan (klavier en sang) en Winand Grundling (klavier).
Die vertoning wissel van klassieke tot populêre klavierwerke, asook klassieke, populêre en kabaretmusiek. Rademan is ’n hoogs gerespekteerde teatermaker, regisseur, kabarettis en minnesanger. As openbare figuur en kunstenaar tree hy by van die grootste kunstegebeure in Suid-Afrika op. Hierdie konsert is voorwaar nie iets om mis te loop nie!
60 min.
R70
Burgersentrum, Hermanus
Sondag 8 Aug. 20:30
