Die Zol Jol maak die nag vol

deur Die KindeBybelDuiwel

Stille waters, klein rietjies sê hulle mos, daar skuil die grootste bos! Bos soos in bossies raak; vir die misinterpretasies deur die perverse onopgevoede ondergronders.

Saterdag was groot, om die minste te sê, oerknal groot. Die klein venue in Musilis Straat in Johannesburg was gepak met afwagtende, byna fans, Suid-Afrikaners soos jy wat nog besluit of hulle duime op of af sal wys vir hierdie vars musikale asem. Wat in die volgende uur en ‘n half gebeur het het tot die rooinekke laat dans!

Dit was stil en donker, die afwagting groot, ‘n betowerende psychedelic klank kom van die PA. Stadig, verleidend. Nog ‘n kitaar kom by. Freaky…. ‘n ongemaklike gemaklikheid in hierdie ongewone droomspasie. Die dinamika van die spel bou op….
Meer intense….
Meer intense….
Nou wat nou?
Mammie!

“Opsoek na geld en glorie en mag, in geld lê baie krag, maar jy’s veels te sag!”

Man, dit was volkspele op steroids, nie perd nie, Bul steroids! Dit was Zol se amptelike terugkeer na die publieke oog, sewe jaar na hul onverklaarbare verdwyning….

Daar is baie stories oor wat gebeur het in die tydperk. Party sê Zol het gaan soek na spirituele verligting in Suid-Amerika en ander sê hy was in ‘n koma na ‘n onderonsie met Kurt Darren-ondersteuners, maar een ding is verseker, hy bring saam met hom dieselfde vars Afrikaanse musiek, met ‘n meer volwasse afronding in sy strewe na perfeksie.

Ek was impressed dit is verseker, en die groep het in my oor gefluister oor toekomstige vertonings in die Gauteng area. Definitief iets om te beleef. As jy nou nie wil wag nie kan jy gratis Zol – Mp3’s download by www.zoljosling.co.za.

Plak ‘n plakker teen jou yskas, sit ‘n nota onder jou magneet, Z-O-L, J-O-S-L-I-N-G, die natuurlike evolusie van Afrikaanse musiek.

Lewer kommentaar

Leave a Reply