Hopefield, a portrait in music

Hopefield, a portrait in music is ‘n versameling songs uit die pen van die Kaapse liedjieskrywer Philip de Villiers. Dit is musiek wat jou sal roer, laat lag, en laat wonder. Hy laat elke song toe om sy eie storie te vertel, sodat elkeen ontvou in sy eie styl: atmosferiese ballade, woedende rock, sielvolle soul of speelse jazz. Sy warm en veelsydige stem gee hoendervleis en help om die boodkskap tuis te bring van elke song.

Die temas van sy songs het sterk satiriese elemente: daar word tong-in-die-kies kommentaar gelewer op TV-verslawing en beskuldigend vinger gewys na die grys ou ooms.

Maar dis nie waar dit eindig nie. Daar word werkbare oplossings gesoek, en alternatiewe roetes: hy gooi ‘n draai in die Karoo, herontdek karakters uit sy kinder-verlede, en vind vrede.

Hopefield, a portrait in music is ‘n show wat jou sal meesleur, vermaak en inspireer. Die lirieke is skerp en die musiek stimulerend. Hy word ondersteun deur Crallan Potgieter, wat met sy agtergrondsang, kitaar en ander instrumente diepte en kleur aan die storie verleen.

Philip was die wenner van die Ithuba Nasionale Liedjieskryfkompetisie (1992) en is in 2002 aangewys as Beste Liedjieskrywer deur die ATKV. Hy bedryf tans die musiekdepartement by die filmskool AFDA.

Lewer kommentaar

Leave a Reply