Doep is nie dood nie

Doep is nie dood nie is ’n eenman-aanbieding met teks- en musiekgrepe oor die lewensbeskouing en werk van Koos du Plessis.

Coenraad Rall, Jannie du Toit en Susan Mouton
Coenraad Rall, Jannie du Toit en Susan Mouton
Koos is in Januarie 1984 op jeugdige leeftyd oorlede, maar sy nalatenskap bly ’n bron van wysheid en onsterflike musiek. Dertig jaar na sy afsterwe word dit in hierdie verhoogproduksie duidelik hoe lewend en relevant sy siening van die lewe steeds bly, hoe treffend sy liedkuns.

Jannie du Toit, ’n groot vriend van Du Plessis, sit hiermee sy werk voort om Koos se musiek by ’n volgende geslag te laat voortleef. Hy verwesenlik ook ’n jarelange droom om ’n “eenmanvertoning” oor Koos se werk aan te bied. Die samesteller en regisseur, Carl Theunissen, was as joernalis ’n jarelange vriend en kollega van Koos Doep.

Met: Jannie du Toit, Susan Mouton (Tjello) en Coenraad Rall (Klavier)

20h00, 6 Desember 2014
Klein Libertas-teater, Stellenbosch
Kaartjies: R120
021 883 8164

Sluit aan by die Gesprek

2 Kommentare

  1. Terug pieng: Oesjaar | Roekeloos

Lewer kommentaar

Leave a Reply