E****** T****** skryf:
“Ek bevredig my man sekere tye met ‘n “blow job”. Hy doen dan niks terug vir my en sê net dankie. Hoe hanteer ek dit of is dit normaal so.”
Marthie van Zyl:
Nee jong, dit is nie regtig normaal nie, want seks is gee en neem, van beide kante af … mans is mal oor ‘n blow job, en sal altyd wees, maar julle sal moet praat, want hy moet JOU ook bevredig, behalwe as jy tevrede is om net te gee … maar ek dink nie dit is reg nie, beslis nie. Of hy WAG dalk JUIS dat jy vra, baie mans hou daarvan as ‘n vrou VRA wat sy wil hê hy vir haar moet doen.
