Die Suid-Afrikaanse musikant Dozi is op 7 Oktober 2026 terug in die Kaap vir ’n spesiale aand by Die Boer Restaurant Teater in Durbanville, en dit beloof om ’n aand van musiek, herinneringe en lekker saamkuier te wees.
Dozi het maar net die vermoë om ’n gehoor onmiddellik deel van die ervaring te maak, en bring Dozi ’n aand van bekende treffers, nostalgie en stories na een van die Wes-Kaap se gewildste teaterrestaurante. Dozi se vertonings is veel meer as net ’n show. Dit is ’n ervaring waar mense saam sing, lag, herinneringe herleef en van die eerste liedjie af deel word van die atmosfeer. Sy bekende stem, kitaar en spontane verhoogpersoonlikheid maak elke show uniek.
“Die Kaap het nog altyd ’n baie spesiale plek in my hart. Ek sien ongelooflik baie uit na hierdie aand by Die Boer. Kom kuier saam, sing saam en laat ons sommer ’n lekker aand daarvan maak,” sê Dozi. Vir aanhangers is dit ’n geleentheid om Dozi se bekende treffers en geliefde gunstelinge weer lewendig te hoor, terwyl nuwe gehore die kans kry om die besondere atmosfeer van ’n Dozi-vertoning te beleef.
Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

