Eet Kreef Herleef! is ’n produksie wat nuwe lewe gee aan die ikoniese album deur Johannes Kerkorrel & Die Gereformeerde Blues Band wat in 1989 uitgereik is. In die hedendaagse Eet Kreef Herleef! laat die musiek die kranse antwoord gee in hierdie herinterpretasie van die satiriese dog salwende musikale meesterstuk. Na die suksesvolle debut van die produksie is die groep genader om ook ’n album op te neem. Hierdie opname is gevolglik ontskep in ’n musiekfilm, aangebied deur Supra Familias en vervaardig deur Frank Freeman.

Die proses van die album opname is in Augustus 2019 by die legendariese Sunset Recording Studios net buite Stellenbosch verfilm. Dit bestaan uit die liedjies op die album, asook onderhoude met band lede, Laudo Liebenberg (hoofsanger), Frank Freeman (kitaar) en Schalk van der Merwe (bass kitaar) asook Jannie “Hanepoot” van Tonder van die oorspronklike Gereformeerde Blues Band.

Skuif op Saterdagaand 4 Julie nader om dié besonderse doccie te kyk. “Dis `n lekker storie,” : Frank Freeman. Hy verduidelik hoe die idee van Eet Kreef Herleef! onstaan het: “Ek het vroeg verlede jaar Johannes Kerkorrel se musiek herontdek en het gedink oor hoe relevant dit nou nog klink. Dit was iets uniek in Afrikaanse musiek ten tyde van uitreiking en dit staan vandag steeds sterk. Ek wou die geskiedenis van alternatiewe Afrikaanse musiek en kultuur in ‘n nuwe produksie sit en in ‘n manier die verlede en die hede bymekaar bring.

Toe die geleentheid gekom het om ‘n album van die projek te maak was die manier waarop ons dit opneem vir my belangrik. Dit moes “live” opgeneem word met almal wat in ‘n kamer saam speel. Net soos die shows. Dis presies wat ons gedoen het. Ons het alles opgeneem in 3 dae en ek is trots op die eindproduk. Wat jy hoor is ons wat speel en sweet in ‘n kamer. Eerlik en sonder te veel afronding. Die flim is tydens die opnames geskiet.”

Liebenberg, nadat hy gevra was hoe hy voel om in iemand soos Kerkorrel se skoene te staan, het verduidelik: “Ek dink dit is ‘n groot uitdaging om ‘n album soos dié op te tree omdat dit so uniek is en baie na aan mense se harte lê. Ons het van die begin af gesê dat dit ‘n verwerking moet wees en nie ‘n ‘tribute show’ nie. Sit jou eie stempel op, wees eerlik en respekvol teenoor die song’ is my mantra vir hierdie album en vertonings.”

Die band is:

Laudo Liebenberg – hoofsanger & kitaar

Frank Freeman – kitaar & sang

Schalk van der Merwe – bass kitaar & sang

Sheldon Yoko – drommer

Etienne van Rooyen – klawerbord

Nicole Mitchell – sang

Foto: Pierre Rommelaere

Lewer kommentaar

Leave a Reply