Jak de Priester is terug met ‘n opwindende nuwe verhoogproduksie getiteld Ek reis na gister.
Hy stel ook ‘n splinternuwe album bekend met sewentien oorspronklike liedjies uit sy pen.
Dis komies, soms diep, soms mooi ballades en ook ‘n nommer of twee wat die voete weer sal laat roer soos met “Roer jou voete”.
Jak de Priester skryf oor die lewe en die vergangklikheid. Die konsert sal jou laat glimlag, maar definitief ‘n oomblik laat dink en dalk net onverwags ‘n traan laat wegvee.