Beleef ’n klankextravaganza wat afskop met die Misa Criolla, vertolk deur Chris Chameleon en die Nasionale Jeugkoor.
Dit word gevolg deur gunstelingliedjies wat vir hoendervleis-oomblikke gaan sorg. Die Chameleon-agtige stem, tesame met Steffi le Roux en simfoniese instrumentaliste, sal sorg vir ’n hoogtepunt van hierdie jaar se fees
* DEBUUT *
Met: Chris Chameleon en rockorkes, Nasionale Jeugkoor en Kamerorkes, Steffi le Roux
Regie: Nasionale Koorakademie en Produksies
Musiek: Misa Criolla van Ariel Ramírez sowel as Chris Chameleon Musiek
Musiekregie: Niekie van der Walt
Vervaardiger: Nasionale Koorakademie en Produksies
Genre: Musiek
Taal: Afrikaans, Spaans, Engels
Ouderdomsbeperking: –
Tydsduur: 1 uur 15 minute
Kaartjies: R150
Plek: Beeld/Netwerk24 Ouditorium, Potchefstroom
Datum: 7 Okt 14:00
Ekstravaklassiek!

Ekstravaklassiek!
Roekeloos
2.5
