Oom Koos Kombuis verklaar dat sy dae van groupies vry verby is, maar sy angel lê nog lank nie plat nie.
Na 16 jaar met ´n vals kitaar is daar meer ewewig (seker die kinders) en meer variasie van note (seker Benguela).
Tog, sy brandewyn het nog skop en bittersoet selfspot en vlymskerp politiese insig verhef die album bo die blote mymeringe van ´n ou partytjiegat.
