Volk Jou Ook – 18 Liefdesliedjies vir Vrydenkende Afrikaners, is onlangs vrygestel deur Wildebeest Records. Dis ´n versamelalbum met 10 spiksplinternuwe Afrikaanse kunstenaars. Die idee was om ´n platform te skep vir onbekende, oorspronklike, Afrikaanse kunstenaars om hulle materiaal daarbuite te kry. As alles volgens plan verloop sal hierdie die eerste volume in ´n reeks wees waardeur broodnodige nuwe bloed in die Afrikaanse musiekbedryf gespuit sal word.
Op hierdie eerste album veskyn Alta Joubert, Adam Tas, Fisher, George Harry, Seeleeu Leipoldt, Ossebra Wandrag, Uzo Blaker, Bacchus Nel, Gizelle en Anner Hennie. Die album het oor die algemeen ´n folk-inslag met ´n bluesy feel hier en daar. Al die snitte handel op een of ander manier oor die liefde, maar nie noodwendig op ´n soetsappige manier nie! Soms word daar uit effe twisted hoek daarna gekyk, maar dat eerlikheid die wagwoord is, is gewis.

Jy het nie miskien hierdie CD wat iewers rondle nie, ne?
Nee … dink nie so nie.