Kitaar my siel

“In Afrikaanse musiek is die woorde alles en die musiek fokkol”, of so iets, het Koos Kombuis op ´n keer gesê.

Die 2 Catharinas en die wille kalkoen gee vergestalte aan Koos se definisie van Afrikaanse musiek. Gepluk van enige fancy vere en ander vorme van opgesmuktheid betree hulle die verhoog. Die kitare en ander byklanke is slegs voerbande vir die woorde, woorde wat Naat en Kaat se 20-jaar as pêlle en hope lewenservaring reflekteer.

Naat laat jou onwillekeurig dink aan Laurika of dalk Leonard Cohen in ´n rok. Haar stem is diep en ryk en laat jou met beelde van goed verouderde port en jou gunsteling vanielje sigaar. Die respek wat dit afdwing lei tot werklike waardering vir lirieke wat reguit praat en ´n ding op sy naam noem.

Die nimlike Kaat is nie sommer net daar om Naat se stem te ondersteun en komplimenteer nie. Haat pittighede en persoonlikheid verander die 2 Catharinas se show in meer as net musiek en liriek.

Hoewel Naat en Kaat se musiek aanvaklik opvallend eenvoudig voorkom was dit tog interessant dat, opsetlik of nie, sekere tradisionele ritmes soos die wals ingespan word om die lirieke te begelei.

2 Catharinas en die wille kalkoen se eerste cd is Kitaar my siel.

Lewer kommentaar

Leave a Reply